Menu

Bees voerkraal-boer

avatar

Marius Louw
10 August 2010
20541 Gelees


Ek sal graag hierdie Blog wil begin om te gesels oor Voerkraal vir beeste:

Die rede is eenvoudig. Voerkraal bestaan uit paar faktore wat dit op die ou einde winsgewend maak of op 'n verlies laat uitloop. Natuurlik wil ons almal graag afskop met 'n voerkraal van 40 000 + beeste, maar in werklikheid is dit net nie hoe dit gbeur nie. Nie een van die groot voerkrale van vandag het uit die staanspoor met soveel beeste begin nie. Ek glo ons kan almal wat betrokke is of wil leer oor voerkrale baat uit 'n gespreksforum rondom 'n voerkraal.

Hier volg 'n paar sub onderwerpe wat aangeroer kan word in die Forum.

1) Infrastruktuur: Watter Infrastruktuur moet in plek wees vir 'n voerkraal. nml krale ... hoe word dit opgedeel, hoe lyk die uitleg. Weeg van diere, hanteringsgeriewe, So met ander woorde hoe lyk 'n voerkraal wat werk in praktyk.

2) Lewende hawe: Hier is een groot doring in my vlees, waar koop mens ordentlike lewende hawe aan teen goeie pryse op gereelde grondslag. Almal weet daar is Veilings, ja en Vendusies waarnatoe gegaan kan word. Kom ons wees reguit, Vendusies is nie altyd die gewenste plek om speenkalwers aan te koop nie, jy mag dalk vir jouself net groter moeilikheid koop as wat jy voor beplan het. So wat is die perfekte grootte om aan te koop vir 'n voerkraal (gewig). Watter rasse werk oor die algemeen in voerkrale, wat is die verskil tussen verse en bulle in die voerkraal?

3) Voer: Ja die groot uitgawe wat ons almal laat terug sak in ons stoel. Watse voer is die beste, watse voer is ideaal? Wat is die regte rantsoene, waar koop ons die voer aan, wat is goeie pryse om na te kyk.

4)Inentings: Voerkraal sit met sy eie geneuk rondom siektes, so wat is die inentings waarsonder jy nie mag gaan nie, hoe gereeld, ens. Dan saam met die subafdeling dink ek kan mens sommer siektes ook doen, aangesien daar altyd iemand is wat vrae het hieroor, wat moet altyd byderhand wees om hierdie diere te help, ens.

5)Slaggereed: Nou ja ons het dit gemaak met die kalf tot op die gewenste gewig, wat is daai gewig, nou moet hierdie kalf geslag word, wat is die voorvereistes nog voor ek die kalf mag laai na die abattoirs, waar is die beste betroubare abattoirs, wat behoort ek betaal te word vir hierdie kalf, moet ek die afval saamgee, moet ek die vel self verkoop, al hierdie vragies.

So vinnige samestelling oor die voerkraal gesselspunte wat ons kan aanknoop. Ek sien uit daarna om saam te gesels....

Marius Louw

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/24 01:42:31 PM

EK WIL DIT GRAAG DOEN IN DIE VRYSTAAT OMGEWING. IS DIT DIE MOEITE WERD OM SO IETS TE DOEN? SAL GRAAG WIL WEET WAT DIT ALS BEHELS VIR N BEGINNER?


suna

2012/05/06 09:18:00 AM

Die vrae wat boere vra het ook op my betrekking waar kan ek gaan kyk na antwoore


suna

2012/05/06 09:13:05 AM

ons is werklik in die boendoes en alles kom met groot moeite en groot koste tot stand. ek sal bly wees as iemand wat met beeste boer vir my kan se wat se gewasse is die beste vir aanplanting vir 'n voerkraal en hoeveel ha aangeplante weiding per bees.


Onbekende besoeker

2012/04/23 04:10:13 PM

Oor die anguskruise in die tsitsikamma kan ek asb n kontek nr kry is opsoek na vleiskruise in die omgewing. Dankie


Onbekende besoeker

2012/04/10 06:01:23 PM

Halo almal ek wil net graag weet of iemand weet van iemand wat Vries en jesrey X angusvleis in Tsitsikamma opkoop ek is n vrou en doen dit als self my man help met spuit ens. Het nie baie op slag mar hul 8 en 7 weke oud weeg so tussen 90 en 80kg.


Onbekende besoeker

2012/03/28 06:49:48 AM

Jackie ek was onlangs by n veiling waar jersey bulletkies van so 150kg verkoop is teen R8/kg as ek enige raad kan gee en jy het die grond laat loop hulle maar langer dat jy hulle reguit aan n slagpalle kan verkoop dit skakel darm die rasse prys ding uit


Jackie Fourie

2012/03/27 12:25:30 PM

Ek het Jersey bulletjies wat ek groot gemaak het vanaf 3 maande oud. Is dit so dat mens nie baie vir hulle sal kry by die veiling? Kan iemand vir my se hoeveel hul per kg min of meer gaan op die veilings. Ek skat hul gewig so 170kg - 200kg


Mario Kleynhans

2012/03/19 06:58:13 PM

Dankie dat jy terug geantwoord het.My e-mail is mario.kleynhans@yahoo.com Die moeilikheid hier is mense verkoop kruis kalwers wat nie n vleis kruis is nie en die goed vrek op strepe.Die wat jy op die vendusies koop is ook maar net n probleem wat jy koop.Eerlikheid bestaan nie solank hulle net kan geld maak.Groete


Onbekende besoeker

2012/03/19 02:04:00 PM

Ek wil graag weet wat is die beste om by kuilvoer te voeg vir frieskalwers in voerkraal. Hulle weeg gemiddeld so 150kg.


Onbekende besoeker

2012/03/19 06:57:15 AM

Mario het jy dalk kontak n e-pos adress of kontak nr. Ons is gelee in die Tsitsikamma sowat 35 km vanaf Humansdorp.


Mario Kleynhans

2012/03/15 07:32:34 PM

Hallo julle almal.Ek wil net graag hoor of die persoon wat kommentaar gelewer het op 13 Jan. oor die kruis jersey of hy my nie wil kontak ek stel belang om van die kalwers by hom te koop as hy nie te ver bly.Ek bly in die Vrystaat in die Reitz omgewing.Op die oomblik maak ek jerseys groot maar dit is n stryd en n half is nou eenmaal nie speletjies nie veral nie veiling kalwers nie.So ek sal dit wardeer as ek met hom kan kontak maak.As daar ander mense is wat kruisings teen n redelike prys het sal ek sekerlik belangstel groete


Onbekende besoeker

2012/02/20 09:54:00 AM

wil net weet of dit raadsaam is om beeste wat reeds omtrent 60 kg gewig aangesit het in voerkraal, te koop. hulle weeg nou 260 kg maw ek neem die beeste nou oor en verkoop weer op so 360 +- kg. ek sal dan dus in die beeste bele.


Gerhard Zandberg

2012/02/03 08:52:15 AM

Ek wil graag met voerkraal begin en wil weet watter ras sal ek mee kan begin met beste aankoop prys en ook prestasie.


J SWART

2012/01/17 08:59:47 AM

WAT IS DIE GROTE PER BEES BENODIG IN N VOERKRAAL?


Sharky743

2012/01/15 08:00:15 PM

@ ernst. Ek het na sandra se veiling toe gegaan, om jou n idee te gee brahman kaller wat 90kg weeg het 2500 elk gekos. Ek kry tans voerkraal beeste teen R22.50 per kg. Wil graag n voerkraal begin, maar die geld is,min, so as iemand geld het, ek het n contact en so bietjie grond. Kom ons maak n plan. Die beeste het n groei stumilant en weeg 150kg en ons kan tot 250+kg aankoop. rianvwyk@hotmail.com Laat weet my as iemand belangstel. Baie dankie


Isak Taljaard

2012/01/13 04:28:33 PM

Ek het `n jaar gelede my melkery gestaak en begin navraag doen oor vlies rasse vir die voerkraal en ek het die inligting gekry. 1. Ras/tipe Vleisrasse en hul kruisings word verkies bo suiwelrasse as gevolg van hul beter groeivermoë. Die vyfde kwart, wat die huid insluit speel 'n baie belangrike rol in die bemarking dus vermy ons dus die aankoop van suiwer Brahmane met hul prominente skof. Suiwer Nguni's en Afrikaners word ook teen 'n verlaagde prys aangekoop. 2. Ouderdom/massa Die potensiële wins van ‘n dier word bepaal deur die massa wat aangesit kan word in 'n tydperk voordat die dier oorvet word. 'n Swaar kalf se potensiaal is dus as gevolg hiervan beperk. As 'n breë riglyn verkies ons dus jong kalwers (tot agt maande oud) met lewendige massa tussen 170 tot 230kg. Hierdie grootte kalf sal 90 tot 95 op gelaai kan word. 3. Geslag Manlike diere groei gemiddeld 10% beter as vroulike diere. As gevolg Hiervan beperk/vermy ons die aankoop van verskalwers. Verskalwer aankope sal dus ook op 'n verlaagde prys geskied. Gekastreerde kalwers het 'n meer gematigde temprament, met beter hantering-, karkaseienskappe. Bulle se "ryer" gedrag het karakasbeskadiging tot gevolg. 4. Gesondheid 'n Gesonde kalf kan tot sy volle potensiaal presteer. Diere wat siek is of gebreke het soos blindheid, been/poot gebreke en ander, kan tot 20% van sy groeipotensiaal in die voerkraal verloor. 5. Huidbeskadiging Soos reeds genoem is die huid 'n belangrike bron van inkomste van 'n dier. Beskadiging van die huid deur veral verkeerde brandmerke, asook insekte en bosluise, verminder die waarde van die huid drasties. 6. Horings Hantering en vervoer van beeste met horings skep verskeie probleme in die voerkraal. Karkaskneusings is twee maal hoër by diere met horings as by ge-onthoringde diere. Om tydens prosessering te onthoring, plaas Addisionele stres op diere wat die groeikoers nadelig beinvloed. Ons beveel dus aan dat kalwers op 'n jong ouderdom van 0 tot 3 maande onthoring moet word. Geen kalf mag uit ‘n ander voerkraal gekoop word nie. Prysing/opsomming Ons streef daarna om goeie kwaliteit vleisrasse tot agt maande, met 'n massa van 170kg tot 230kg te koop. Produsente wat bogenoemde in gedagte hou tydens die uitsoek van 'n besending speenkalwers, sal in die posisie wees om vir die hoogste moontlike prys te kan beding. Kalwers wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, sal teen 'n verlaagde prys aangekoop word. My keuse het toe geval op Angusse en het aangesluit by Angus se vleis projek.Kyk op hulle web bladsy is al die inligting.Geregistreerde bulle op komersieele Angus verse en hulle het almal gekalf.Maklike kalwings en sonder horings. Ek hoop die inligting sal van waarde vir julle wees. Groete uit die Noord-Weste.


Onbekende besoeker

2012/01/13 06:22:06 AM

Baie interessante inligting. Ons het n melkplaas en maak uiter aard kalwer ook groot want ek gevind het help vir speen skok is n enting van multimin( multimin moet toe gedien word met n vit A om die sellunium te laat werk)n week voor speen, het net gewonder of dit nie kan help met diere wat pas op voerkraal aankom vir die aanpassing en skok nie. Verdere vraag oor n randsoen wat genoem is van 1/3 2/3 mielies en beefmaker moet mens nie maar versigtig wees om diere wat nie n voerkraal gewoont is nie so massa mielies te gee nie, ek wonder maar net oor suurpens wat jou groei erg gaan belemmer. Gebruik boran saad op van ons beeste( meestel jerseys) en verkoop kruis kalwer op week oud, indien iemand met n ooreenkoms wil kom kan ek die kruis kalwer tot op 100 kg vat en dan verkoop. Het nog nie n proef gedoen op kruisings nie maar ons jersey kalwers tel so +- 10 kg n week op vanaf 70kg hoe ouer die kalf raak groei dit na mate vinniger, en ek glo die kruisings sal selfs nog beter groei. Geniet die geselskap Dankie


Barry Becker

2012/01/11 07:22:09 AM

Ek wil asb inligting he oor voerkrale die hoeveelheid beeste om klein te begin die uitleg van die voerkrale en wat se tipe toerusting `n mens nodig het.Ek sal dit waardeer as iemand my kan help.Barry Becker


Ernest

2012/01/11 12:15:02 AM

Ek weet die is nou n ou gesprek maar ek wil net weet , ek is so 50km van Sandra se veiling af Waar die pryse op speen kallers baie goed is, Ek wil graag n voerkraal begin met so 10 kallers! Is dit die moeite werd? Wat gaan dit my kos om n kaller van aankoop tot verkoop gewig te kry , per kaller? Dankie Ernestn@trancom.coza


Onbekende besoeker

2012/01/05 01:06:46 PM

Baie aangename en kennisvolle kometare wat hier genoem word, en ek dink vir eenige iemand soos myself wat nuut is in die bedryf moet maar notisie neem en op die einde van die dag self implimenteer volgens wat hy wil he. Ek myself wil n klein voerkraal van so 5-10 bonsmara of eenige vleis bees vat en kyk hoe werk dit, maar jong as ek so na al die goed kyk wat julle benoem wat voer aanbetref dan krap ek so bietjie kop. Ek sien dinsdag n voedkundige en sal interesant wees wat daar uitkom, ongelukkig kan hulle nie als uitdeel nie, asof dit soos julle se "n staats geheim"is. Ek wil graag met iemand in kontak kom waarna ek kan kom kyk hoe dinge gedoen word. Dus kan ek klein begin en van daar af werk. Dis lekker om sulke mense soos julle te sien goedjies deel. Ek kry huidiglik R 22 p/kg bonsmara en kruisings. Kan eenige iemand vir my se of dit n goeie prys is? Sien uit na die terugkoming.


kallie kruger

2011/12/31 01:54:00 PM

Het u dalk 'n plan vir 'n voerkraal asb?


Thea Bruwer

2011/12/07 04:55:07 PM

Het julle boere al gehoor van Boom Lusern? Die wondergewas vir veeboere! *Immergroen struik met dieselfde voedingswaarde as gewone lusern! *Bevat geen blousuur! * Beeste kan to 1kg per dag gewig aansit! *Sit stikstof gratis terug in die grond! *Kan -10° C hanteer! *Verhoed erosie! *Is brandbestand *Plant kan 30-60jr GROEN voer verskaf met eenmalige insetkoste!!! Wat meer kan 'n boer vra?


Onbekende besoeker

2011/11/07 11:14:42 AM

Hehehe ... ek haal my hoed af vir almal hier hoor sommer die passie vir boerdery. Het n goeie boere raad gehoor jy gooi elke oggend, middag en aand drie druppels water agter n kaller se oor dan het jy goeie verkoopbare kallers aan einde van die dag. Ek vra die oom toe vir wat help die water dan nou? Sy antwoord was hy weet nie maar ten minste sien jy elke kaller drie keer n dag .... ;)


Onbekende besoeker

2011/02/25 08:30:29 AM

Marius, jou briewe gelees, wat het toe van jou voerkraal geword, vertel jou storie verder, asb


JJBotha

2010/12/07 12:50:26 PM

Jaco Botha


JJBotha

2010/12/07 12:48:32 PM

Ek het n klein voerkraal begin en werk op die reel ek koop maer koeie en speenkalwers als wat ek onder R3000.00 kan koop nie ou koeie nie en ook nie te jonk nie voer hulle vir 90 dae en verkoop dan en dit werk goed. Ek voer en gebruik veld weiding. Ek is naby die mark dit help baie


M.L

2010/09/17 07:39:26 AM

Plaas groete. Ja nee dit is voorwaar lekker om te sien dat die somer op ons is. My voerkraal is nou seker so twee derdes klaar gebou, Die goed kos maar aardige klompie geld om aan die gang te kry. Ek probeer dit reg doen van die begin af, so dit alles kos baie. Die beeste lyk almal goed, en daar is nie probleme op die oomblik nie. Ek maak gebruik huidiglik van veld weiding tot ek my kraal klaar het en sal dan intensief begin met die voerkraal. Moet se aangesien die veldweiding die beeste in so goeie kondisie laat, en dit natuurlik so te se gratis is, laat dit mens soms wonder oor die voerkraal winsgewendheid, maar ek het doel voor oe gestel en gaan dit na streef. Ek sal egter baie vinnig moet dip, die vliee en bosluisse sal nou weer aktief begin raak. As die voerkraal klaar is behoort hy so +- 200 beeste te kan hanteer op 'n slag. Ek sal natuurlik nie wegspring en 200 beeste gaan koop en in voerkraal stop nie. My gevoel is om hierdie 30 wat ek huidiglik het na die voerkraal voltooi is af te rond so binne 30 dae. Daarna sal ek seker weer so 30 - 50 inkoop van +- 200-230 Kg en van stanspoor af op die voerkraal sit. Die voerkraal wat ek het gaan in twee kampe verdeel word, dit is basies vir die "gevestigde" beeste en dan die nuwes wat ingekoop word, Ek verstaan dat die slim ouens se mens moet volgens ouderdom en geslag ook skei, sal maar sien hoe verloop die twee kamp eers, anders sal ek hom maar verder verdeel. Die skaal is gekoop en staan reg om geimplementeer te word sowel as die drukgange ens. Die eerste taak was maar om die beplanning te doen en die heining op regte plek te kry, ek sou seker nou al heelwat verder gewees het as die verskaffer nie kort afgelewer het nie. Dit is maar die nuus hier van my kant af voerkraal groete Marius


Ben Venter

2010/09/09 11:48:00 AM

Hackey Jou grond is baie klein, watter infrastruktuur het jy? mag jy diere daar aanhou, die mis gaan 'n reuk afgee waaroor jou bure kan kla. Sal aanbeveel dat jy groot kallers koop nie meer as 5 nie wat maer is en hulle vetmaak en verkoop. Anders kan jy 'n kraal maak vir so 10-20 lammers en eerder na skaapvoerkraal kyk. As jy nie voermaak fasiliteite het nie en als moet inkoop kan dit duur wees. Begin baie klein en kyk eers of dit gaan werk. Onthou jou arbeid om 5 te voer kos dieselfde as om 50 te voer. Medisyne kom in groterige maat en kan anvanklik duur kos. Op jou grote hoewe sal dit meer oor die liefde van die saak gaan as om geld te maak. Groete Ben


Hackey Louw

2010/09/08 03:22:29 PM

Ek bly op 'n plot en wil graag weet of 'n klein voerkraal winsgewind sal wees of nie. Die grootte van die grond is maar ongeveer 2 hektaar. My e-pos adres is louwh@telkom.co.za. Enigeen met voerkraal kennis, laat weet tog asb. Dankie


Ben Venter

2010/09/07 09:23:21 AM

Ek is nou besig met 'n proef met 15 Bonsmara kallers op die veld, gemiddelde gewig 218 kg. Byvoer mengsel 200kg SB100 met 800kg mielies teen 3% liggamsgewig. Het hulle gespuit Covexin, Vitamien A en Ecomectin, oorinplantaat is Ralgro super. Ek maal nie die mielies nie, en hulle eet die voer baie goed. Sal julle op hoogte hou van hoe dit gaan en vergelyking gee teenoor groei in voerkraal. Groete Ben


Onbekende besoeker

2010/08/29 02:09:24 PM

Ek sal graag meer wil weet oor die Infrastruktuur van Voerkrale, hoe word dit ingedeel en hoe lyk die uitleg. Ek wil byvoorbeeld weet wat is die beste afstand van voerkrip na waterkrip?


Onbekende besoeker

2010/08/24 12:13:40 PM

Marius, Kan jy dalk vir my raad gee oor watse voer ek kan gebruik om 3mnde kallers groot te kry en teen wat ek hulle moet in-ent?Soos jy self gesien het is mens maar dom in die begin...


Ben Venter

2010/08/16 03:45:03 PM

Maruis As jy volvoermengsel kompleet aankoop gaan dit jou te duur uitwerk. As jy mielies tot jou beskiking het en nie 'n voerwa het nie kyk na beefmaker. 200kg beefmaker en 800kg mielies kyk jy na +- R1400.00/ton gegewe jy kan mielies kry teen R1000/ton jy gooi net die mielies en beefmaker 2/3 en 1/3 in voerkrip uit. Ek self is in begin staduim en toets en kyk ook na alles. As jy voerwa en kulvoer en ruvoer het kan dit afkom na +- R1200/ton, afhangende wat jy in jou area betaal vir ru voer ens. Groete Ben


Marius Louw

2010/08/16 09:52:00 AM

het enige iemand 'n idee waar ek dalk beter prysse op voer kan kry? Die pryse wat ek het is soos volg: Veldafrond meel R1550/ton vir backgrounding Starter - R1800/ton Grower – R1690/ton Finisher – R1590/ton Finisher + Zilmax – R1790/ton As ek so luister na almal praat hulle van die rantsoenne hou by R1000 per ton ...nou waar kry ek sulke prysse? Groete


Marius Louw

2010/08/15 07:31:00 PM

Die naweek het ek die ander kalf verloor. So twee is nou vrek. Was dus nie baie lekker naweek gewees nie, maar ons sal vasbyt. Het die kalwers Vit A-E ingeent hoop om bietjie te help met die kondisie. Kan nog nie regtig enige verskil sien in die kallers se kondisie in die week wat ek kragvoer gee nie (miskien is ek bietjie haastig) ten minste eet hulle en le nie. (praat nou van die klein kalwers) Die groter kallers lyk goed en gaan net aan. Ek is besig om my drukgang te bou en behoort binnekort klaar te wees. Ek kan nie wag om die beeste weer te weeg en te sien waar hulle staan nie. Wat aankoop van beeste wag ek nou eers. Wil eers hierdie beeste deur die silkus vat, sal daarna weer kalwers koop. Verder leer ek nog daagliks ... Groete uit die voerkraal ...


Spiekeries

2010/08/13 09:42:40 PM

Om die kontant vloei aan die gang te hou koop n paar maer koeie en voer hulle terwyl jy wag vir die die speen kalwers, in 90 dae is die koeie slag ryp,


Jaco Kriek

2010/08/13 08:40:36 AM

Marius Rakende die tipe. Doen ook navorsing oor kruiskalwers. Baie kruiskalwers het 'n beter VOV as opregte rasse, en as jy 'n voerkraal bedryf is dit 'n groot deel van die bottom line. Veral Boran kruisings, en kruisings met jou groot europese rasse (romagnola en chianina) lewer goeie VOV op. Groot ding is egter formule..... kry 'n resep wat werk. Voer wat goed doen met een bees werk nie noodwendig so effektief vir 'n ander tipe bees..... Rakende speenkalwers aankoop. Koop direk by 'n teler, bou kontakte en koop direk. Sny middelmanne uit. My opinie.....


Marius Louw

2010/08/12 01:38:00 PM

Dankie vir julle almal se saam gesels. Eerstens: Ek is in die donkerhoek area gelee. Natuurlik wil ek graag 'n sukses maak van die projek. Ek lees alles wat ek kan kry rondom die aspekte van voerkraal, rantsoene, siektes, inentings, ens, ens. Huidglik het ek 30 kalwers. Miskien leer iemand ook uit my foute: My grootste fout eerstens was om te veel te betaal vir die eerste klomp kalwers. Het nie geweet wat die pryse is of waar om goeie beeste teen goeie pryse te kry nie. Ek het R17.50 per kg betaal vir die eerste 15. die beeste was gemiddeld so 200kg. Wel dit was my eerste fout. My tweede fout (en eintlik grootste fout) was toe om te gaan kyk vir kleiner kalwers met die hoop dat dit goedkoper sal wees. Hierdie kalwers het ek toe gekry vir R15. per kg gekoop, maar en dit is die groot maar hulle was so gemiddeld 120kg-140kg. So daar is my probleem toe nou. Ek sit met klein kalwers wat vol piep is en wat nog nie "reg" is vir voerkraal nie, eintlik nog aan speenskok ly. Ek het toe een kalf verloor wat gevrek het agv. wanvoeding (so gekoop) en was nie betyds om hom te red nie, en tweede kalf is baie siek met selfde probleem. Ek het die veearts uitgekry en betaal vir raad :-) Die ras van die kalwers is egter nie 'n probleem nie, meeste van my kalwers is bonsmara en bonsmara tipe. Ek moet byvoeg dat die eerste groep kalwers staan nou op gemiddeld 350KG so hulle lyk absoluut pragtig. Dit was nou die tweede fout wat ek gemaak het wat my duur skoolgeld kos. Ek het klomp voer gaan koop by die kooperasie teen natuurlik hopeloos te veel geld. Elk geval ek gee nie om, om klein te begin en sodoende daaruit te leer nie, ons almal moet tog erens begin. Intussen het ek uitgevind die beste gewig om mee te begin is rondom die 230Kg. Huidiglik is speen kalwers se prys so in die omgewing van R15.50 per kg ... nog vrek duur as jy in aanmerking neem dit kos dan in die omgewing van R3600 per kalf. verder het ek 'n goeie voer program gekry, soek nog na mense wat dit teen billike pryse wil verkoop. Dan het ek ook uitgevind die kalwers moet dadelik teen lam- en sponssiekte ingeent word, en pasturella. Ook het ek paar boere raad raak geloop vir die verdomde beeste wat so opblaas as hulle aan hierdie ryk kosse eet waaraan hulle nog nie gewoond is nie :-) bietjie asyn en suiker. Of as die grootmaag nie meer wil nie, koppie olie. Dan het ek ook uitgevind dat die gewig op die hoef van +- 460Kg benodig word om winsgewend te wees. Ons hoop dan vir 56% uitslag, maar hoop vir ten minste 230KG. vir allerhande teghniesse redes sowel as winsgewend. Nou ja ek jag nog na goeie pryse op speen kalwers in die omgewing van 200kg + van die bonsmara tipe. Sal julle op hoogte hou Groete Marius


JvdW

2010/08/12 08:34:00 AM

Baie boere maak die groot fout om teen die koste van 'n rantsoen (per ton) vas te kyk. Die voer is nie jou produk nie. Jy wil dit nie weer verkoop nie, so hierdie prys per ton is minder relevant. Die enkele balangrikste faktor is die voerkoste/kg vleis/wol/melk/eiers geproduseer. 'n Rantsoen wat jou R800/ton kos sal nie noodwendig meer wins genereer as 'n rantsoen wat R 1'100/ton kos nie. Die kwaliteit van die grondstowwe in die voer of premix beïnvloed aspekte soos voeromset-vehouding en gemiddelde daaglikse groei wat met die voer behaal kan word. Hiermee saam gaan die kwaliteit van die kalf wat gevoer gaan word: swak kalwers met minderwaardige genetiese potensiaal sal nie eers op die beste voer presteer nie. Die ander kant van die munt is egter ook waar: hoe duurder die rantsoen, beteken nie altyd beter prestasie nie. Die fyn balans kom in by die reputasie en ondervinding van die voer/premix vervaardiger en die kwaliteit van sy grondstowwe. Die enigste manier vir 'n boer om te bepaal waarmee hy die beste prestasie:koste sal realiseer, is deur self proewe te doen of om BETROUBARE bronne te raadpleeg oor resultate. 'n Baie belangrike punt is egter om jouself te omring met ervare veeartse, veekundiges en voedingkundiges. Sommige voerkraal eienaars deel ook soms inligting en jy kan baie by hulle leer, ander bewaar weer hulle kennis asof dit 'n Staats-geheim is. Oor die lang termyn kan dit lonend wees om premies te betaal vir kwaliteit speenkalwers, voere/premix en goeie gesondheidsprogramme. Indien jy min ondervinding het, begin eerder kleiner. Baie mense pak 'n nuwe boerdery/vertakking op te groot skaal aan en brand dan hul vingers of hardloop uit kapitaal uit.


Onbekende besoeker

2010/08/12 06:59:25 AM

Indien moontlik hou ver weg van boerdery. Ek het al n melkery, vark- en boerbok boerderye van die grond af begin en die beste was om na 2 jaar gelyk te breek. Die boerderye was opeenvolgend en het oor n periode van 9 jaar gestrek. Van die 3 was die bokke die maklikste en vinnigste. In die proses het ek so R3 miljoen verloor. Ek werk weer op konstruksie en maak in 1 maand wat ek in 2 jaar sou kon maak as alles reg geloop het. Nou kan ek bekostig om my kinders se universiteits gelde te betaal en nog te spaar ook. Indien jy wil boer moet jy weet dat jou lewens standaard en die van jou gesin drasties gaan daal. Wees asb versigtig, boerdery betaal swakker as n gedobbel.


Paul Fouche

2010/08/11 04:16:00 PM

Kommentaar vervat in berig onder naam Paul


Paul Fouche

2010/08/11 04:13:00 PM

Ek het die afgelope paar weke saam met 'n vriend navorsing gedoen tov die finansiele sy van 'n voerkraal. Ek moet byvoeg dat ek geen kennis van beesboerdery het nie. Dit beslis waar dat die ligging van jou mark en die insette baie belangrik is. In my berekeninge is vervoerkostes en elektrisiteit vir water nie inageneem nie en met een arbeider in diens moet jy met ten minste tien kallers begin om ongeveer 10% wins na drie maande te maak. Uitgawe per kalf sonder aankoop prys is ongeveer R1605.00. Jy het dus 'n goeie bron van kapitaal nodig om progressief te boer. Ek sal daarvan hou as iemand my berekeninge kan bevraagteken, want dan kan ek bevestig of my redenasies reg is. Ek sal ook graag wil weet of iemand evaring van bokke in voerkrale het en hoe dit finansieel en andersins van beeste verskil


louwtjie blom

2010/08/11 01:32:54 PM

DIT IS BAIE GOEIE VRAE WAT GEVRA IS ,MAAR DEEL ASB DIE ANTWOORDE MET MY,louwblom@gmail.com----


Jacques Oberholzer

2010/08/11 08:07:07 AM

Marius, Ek is nie 'n voerkraal spesialis nie maar daar is een faktor wat ek by 'n paar kleiner voerkrale gesien het wat veral voer self meng. Dit is dat die voerkraal eienaar voer self meng maar die belangrikste gedeelte van die voer nalaat en dit is om nie 'n Vitamiene en minerale pak by te voeg nie. Ek stem saam dat voer wel duur is, maar die is nie 'n area wat weggelaat kan word nie. Daar is baie goeie (nie net groot maatskappye nie) wat kan advies en hulp verleen in die opsig. Een wat ek al mee gedeel het is SA Premix. Ek was by 'n voerkraal waar die boer se hoof voerbron opgemaak is uit kuilvoer, maar sy beeste het nooit 100% gelyk nie. Ons het toe 'n konsentraat vir een groep bygemeng en ons kon duidelik die verskil tussen die twee groepe sien. Hoop my klein bydrae help. Beste groete


Spiekeries

2010/08/10 08:37:00 PM

Marius my e-mail is spiekeries@gmail.com, skryf vir my dan sal ek jou die vrae beantwoord tot so ver, as wat my bietjie kennis en ervaring strek. Groete iut argentinie. Jacques


Onbekende besoeker

2010/08/10 06:41:00 PM

Maruis, Jou aan koop prys en ligging,soos hier bo genoem, is die belangrikste van enige voerkraal,want die bedrag bepaal jou wins op die einde. Jy betaal ongeveer R3500 per kalf. Om n speenkalf van 220kg na 420kg te vat, is nog ongeveer R1000, so speenkalf vreet ongeveer n ton voer om sy slaggewig te kry, jou spuitstof, arbeid en diesel moet ook afkom by jou wins. Maak seker oor jou mengsel is reg, probeer om dit (1 Ton)onder n R1000 te hou. Alle sterkte... Groetnis..


Onbekende Besoeker

2010/08/10 04:41:20 PM

Jaco, ek stem saam met jou dat vervoer jou baie vinnig kan ruk. Marius, paar goeie punte wat jy het, ek sal graag wil hoor wat van die suksesvolle voerkrale se menings is daaroor. 'n Vraag van my kant, weet iemand waar is die naaste voerkraal aan P.E?


Jaco Kriek

2010/08/10 03:05:01 PM

Marius, ek sal begin deur kortliks een punt aan te raak wat jy nie genoem het nie: LIGGING LIGGING LIGGING! 'n Goeie voerkraal se winsgewendheid gaan verlore as sy ligging verkeerd is. As jy ver van jou mark is, ver van jou speenkalwers is, en ver van jou voer verskaffer is, gaan jou wins tot niet gery word. Sterkte!


marius van den heever

2012/06/18 08:55:46 PM

Het terugvoering van Suna epos 6/5/2012 en onbekende besoeker 24/5/2012 gemis. Kan u dalk antwoorde na my deurgee Groete Marius


SFS Span

2012/06/20 12:25:19 PM

Jis manne ,ek lees almal se kommentaar en almal het een ding voor oe en dit is koste besparing op voer. Die van julle wat nog nie gehoor het van "sprouting" nie kan gerus gaan kyk na www.sproutfeedingsystems.co.za Die nuwe generasie voer metode,is koste effektief en natuurlik.Doen gerus biedjie navorsing en kontak ons gerus indien julle enige vrae het info@sproutfeedingsystems.co.za


Johnna

2012/06/24 02:54:30 PM

Hi almal, Sal moet dink aan voerkraal om inkomste te he, het gedink aan so twee drie ou koeie tekoop hulle te voer en dan aan slagter te verkoop het 22hekt met baie sterk water, sal dit lewens vatbaar wees of wat beveel julle aan sal die plan so werk elke maand 2/3 koop en dus elke maand bemark of hoeveel moet mee begin word het gemaalde boontjie, cowcandi are hawer, lusern, mielie kopmeel , en wil groenvoer aanplant het ook blou buffel gras sal n mens kan bestaan op die plan dankie Johnna J


Zelda Reyneke

2012/07/03 08:09:59 AM

Ons beoog om 'n voerkraal te begin op die Hoëveld.Sal graag inligting wil bekom oor die infrastruktuur, aanbevole rasse, voer, inentings ens?


Rudolf

2012/08/30 06:13:41 PM

Is opsoek na vleisbees kalwers om te koop in Laingsbrgh omgewing Kontak my asb Rudolf


RSpiers

2012/10/31 06:57:53 PM

hi ons is 3 vriende wat n voerkraal wil begig. ons kan 46h grond huur, en wil bonsmara verse koop. kan enige iemand asb vir my se wat is die beste voer om te gee en vir hoe lank? nie een van ons ken baie van beeste nie ons beplan om so 25 na 30 aan te koop. kan julle asb vir my raad gee


Martie

2012/11/02 12:19:13 PM

Ek sal baie graag meer van die terugvoer/antwoorde op al die vrae wil lees. Waar kan ek dit kry?


Ella

2012/11/19 11:22:38 AM

Waar kan ek ou koeie opkoop en goedkoop speenkalwers?


johan

2012/12/11 12:37:15 PM

Ek wil net se dat my voerkraaltjie het huigiglik net 4 kalwers 3 jersey ktruise bulletjies en een suiwer limoune bul.lg het ongeveer 80 kg opgetel in 2.5 maande.Hyword gevoer 1derde beesvetmaak meel en 2derdes hoendermis.6kg en 10 kg per dag respektiewelik.


SFS

2013/01/10 12:07:14 PM

Voer in n voerkraal is makliker gese as gedaan.Ons begin altyd eers met n goeie onderhoudsvoer waarna jy jou dier se DMI uitwerk.Na dit begin jy met jou voer samestelling en die basiese beginsel n 50/50 samestelling altyd die beste ( maw 50% proteiene en 50% energie) saam met hierdie hele berekeing kom jou voer basis ter sprake en dit is waar ons jou kan help met Natuurlike groen voer wat jy kweek in n kweek kas. Gaan gerus na ons weblad www.sproutfeedingsystems.co.za Sien julle daar!


Marina

2013/01/15 08:55:42 PM

Ek lees hier dat daar 'n klompie mense is wat in dieselfde slaggat trap wat menigte, insluitend ekself getrap het. Dit kan jou moed breek indien jy met kalwers sukkel wat gedurig diaree het en vrek weens onkunde oor kalf groot maak. My negatiewe ervaring het my vinnig die volgende geleer: Jy koop nooit kalwers aan by 'n middelman nie!! Kry 'n betroubare verskaffer van bulkalwers wat jy seker is dat hulle genoeg bies ingekry het. Pryse van vleiskalwers op veilings is onbetaalbaar duur en jy is nooit seker of die kalwers gesond is nie. Daar bestaan nie so ding om kalwers "goedkoop" groot te maak nie! Melkvervangers is baie duur en ek het self in die slaggat getrap om sogenaamde "goedkoop" melk te koop en 'n duur les betaal. Ek kan met vrymoedigheid hier se dat die Biomel reeks my gered het en dat ek op 24 dae nou my kalwers speen, vet en gesond! Ek sal nooit eers weer oorweeg om enige ander melk te gebruik nie en Biorem los die diaree probleem wat mag ontstaan binne 12 ure op. Ek maak suiwel kalwers groot en vind dat die winsgrens goed vergelyk tussen my suiwel kalwers en die van kruisrasse. Die feit is dat 3 dae oue vleisrasse op die onlangse veiling hier R980 tot R1200 per kalf gegaan het met die risiko dat hy in elk geval gaan vrek aangesien die tekens van diaree daar was. In teen stelling met die R200 wat ek by 'n betroubare boer koop vir suiwelras gesonde kalwers. Sedert ek die twee goue reels volg het ek nie weer een kalf verloor agv stress,diaree of enige ander siektes nie. Baie dankie vir die ander raad en inligting wat ek hier raakloop!


Gernie

2013/02/08 11:11:56 AM

Marina en ander. Ek het 'n vraag rakende kalwers grootmaak. Hoe sal die vergelyking lyk as jy 'n koei aankoop vir melk teenoor Biorem se prys? M.a.w wat is die koste van Biorem tot op speen? Dankie,


Marina

2013/02/27 09:58:33 AM

Gernie, Ek het vergelykings gedoen en met kundiges gepraat oor die verskillende melkvervangings en prys vergelykings gedoen. Ek kan dit ongelukkig nie hier neerpen nie aangesien dit oneties sal wees. Wat betref jou vraag oor 'n koei aankoop, is daar ook koste gewys 'n paar vrae wat op die ou einde 'n verskil gaan maak. Hoeveel kalwers wil jy groot maak en hoeveel melk gaan jy nodig he, hoeveel melk produseer jou koei, wat gaan jou voerkoste ens tov jou koei wees. Die eenvoudige maklike oplossing vir my was om Biomel te gebruik. Teen R353-00 tot op speen (24 dae), Kalf pille R90 vir kalf pille vir die eerste 3 weke per kalf, daarna begin ek 'n mengsel van ruvoer saam met die kalfpille voer vir twee weke tot die kalf gereed is om op weiding te gaan op 6 weke. Tans kos dit my 'n bedrag van R676 per kalf tot op 3 maande en 'n gewig van 120kg. Ek maak suiwel kalwers groot. Ek gebruik geen antibiotika nie, geen ander veearts koste of medikasie nie. Slegs 1 Vitamin B kompleks inspuiting by aankoms, Travosin tydens vervoer, Biorem indien ek diaree sou kry met oorgang na die ruvoer. Ek het van die eerste klomp kalwers waar ek duur skoolgeld betaal het na die laaste groep my grootmaak koste met die helfte gesny! Nie een kalf verloor nie, net omdat ek op die ou einde nie my ore aan te veel verkeerde raad uitleen meer nie. Sterkte.


Marina

2013/02/27 10:08:53 AM

Ek het 'n vraag vandag wat my kwel. Met al die moeite, toewyding en entoesiasme waarmee mens kalwers grootmaak is daar ook 'n donker kant. Waar bemark jy jou kalwers dat dit vir jou die moeite werd is. Ek het my huiswerk gedoen tov veilings, agente vir voerkrale, spekulante en na my mening is daar 'n defnitiewe diskriminasie teen suiwelrasse. Pryse vir suiwel kalwers is aansienlik laer maar die koste om die kalwers groot te kry verskil nie van ander kalwers nie. Huidig is die bemarking van suiwel kalwers 'n probleem. Enige raad van kundiges hier watter pad ek moet stap tov die suksesvolle bemarking van my kalwers?


Johan nagel

2013/03/28 06:32:44 AM

Hoeveel voer word benodig om 20 kalwers van speen tot 400kg te kry


Isak

2013/05/13 03:24:15 PM

hoelank vat dit vir n kalf om van geboorte af tot op 150 tot 200 kg te kom?


Ria

2013/05/22 03:05:12 PM

Goeie dag, kan iemand my se of daar enige voerkrale naby Port Elizabeth is?


niel blount

2013/06/24 09:19:39 AM

hi almal. Ek het klomp vrae gehaad maar het reeds al die antwoorde hier gekry baie dankie.Ek en vriend will klein vperkraal begin op kleinhoewe,vir n bietjie ekstrs inkomste en die leker daarvan.Watse licensies of permitte etc het ek nodig om mee te begin.Niel.


Riekie du Plessis

2013/08/11 04:34:28 PM

@MARINA Kan jy my asb kontak.Riekie riekiedup@live.co.za


powell

2013/10/14 11:57:20 AM

waar lees ek die antwoorde


Mias Bezuidenhout

2014/01/21 03:44:42 PM

Ek is ook op 'n plot. Ek maak ook kalwers groot en verkoop. Al vir 10 jaar lank. Dis baie lekker. Ek kon dit nog net nooit regkry om 'n behoorlike wins te wys nie. Ek soek ook nog na daai beste resep/mengsel. As ek alles 100% opskryf en 100% doen, sonder enige teestoed. Is die wins omtrent R1500.00 per kop twee keer 'n jaar. (As ek al die werk self doen) as ek verkoop en so bietjie beter as ek slag en biltong maak. Defnitief beter as om jou geld in die bank te sit. Maar as daar iemand is wat beter doen laatweet ook asb. Mias.Bezuidenhout@T-Systems.co.za.


Henk dk

2014/01/23 02:45:41 PM

Hi almal, Dankie vir al jul insette. Ek doen tans my besigheidsplan vir 'n lening om 'n voerkraal op die been te bring. Ek het net een probleem... aan wie kan ek my produk verkoop in die Belfast/Lydenburg are, my plan is om tussen 50 en 100 kallers te lewer elke 140 dae. Terugvoer sal wardeer word.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele